0 In Featured/ Real Weddings

Chantelle & Erik

Photography: Sweet Heart Photography

Videography: Pelicula Productions

Toe Chantelle my epos en sê dat hulle sonder ‘n venue sit lank nà hulle reëlings al ver gevorder was, was my eerste taak om te verseker dat ons van ‘tweede keuse’ na ‘n ‘ingryping van die engeltjies’ in Chantelle en Erik se agting styg. Ek vertrou ons het daarin geslaag.

Die grootste uitdaging met hierdie soort scenario is dat al die ander diensverskaffers reeds gekies is.  In hierdie geval was daar niemand wat voorheen by ons gewerk het nie. Dis natuurlik uiters belangrik om te verseker dat die gebrek aan ondervinding deur uitstekende diens van ons kant af vergoed.  Gelukkig het Chantelle wys gekies en die oorskakeling was redelik rustig. (Ons praat nog almal met mekaar!).

Klassieke detail

Die hele troue se details was klassiek, tog uiters romanties, van aard – wit en silwer met vlootblou aksente – en definitief ‘on trend’. Die oulikste koerantjies het byvoorbeeld as programme gedien.  Maar die belangrikste ‘design element’ was ongetwyfeld die hangende ruikers vol glas balletjies en die bypassende lewende ‘blommeloper’ op die hooftafel.

Die dag

Ons het ongelooflike mooi weer daardie week gehad.  Ongelukkig het die hitte dit regtig moeilik gemaak om die blomme vars te hou, maar hulle het asemrowend mooi gelyk – soos in ‘n sprokiesverhaal.

Maar die blomme kon nie kers vashou met hoe pragtig die bruid gelyk het nie. Ek glo die foto’s en video spreek van self….En natuurlik, daardie awesome ou Mercedes – so moet ‘n troukar lyk! Jammer, Erik – jy’t ook glad nie te sleg gelyk nie.

Na die seremonie het die gaste op die grasperke rustig speletjies gespeel en ‘n heerlike ‘harvest table’ geniet het terwyl die foto’s geneem is. Die formele onthaal het eers na dit goed skemer was begin om die impak van die kerslig en glasballetjies te verhoog.  Al die dekor details, bediening en puik spyseniering het gesorg dat die gaste  regtig fees gevier het – dit was nie sommer só ‘n ete nie!

Almal het lekker gedans, die arme Erik ‘n moeilike toespraak verseker, baie gelag en oor die algemeen, ‘n uiters onvergeetlike troue gevier.

Ek vertrou julle padjie saam sal lank en vol geluk wees, Chantelle en Erik!

 

 

 

Videography: Pelicula

 

Photography: Sweetheart Photography

Flowers: Lily and Lime

Catering: Karen du Plessis

Co-ordinating: Wedding and Event

Rentals: Fantastic Functions

Printing: Blitsdruk

 

 

You Might Also Like

No Comments

Leave a Reply